Die twee polisielede wat aangekla word van die moord op die 16-jarige Nateniël Julies van Eldoradopark, het glo die gereg in eie hande geneem.
Só getuig konst. Mandla Dumisani Sithole, kollega van die beskuldiges, sers. Simon Scorpion Ndyalvane en konst. Caylene Whiteboy in die moordverhoor van Julies in die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg, berig News24.
Volgens Sithole het Ndyalvane tydens die nasionale inperking met rubberkoeëls losgebrand op mense wat nie gesigmaskers dra nie.