“Jou gemors. Jy het my kind doodgemaak. Jy moet vrek!”
So het ’n emosionele Triesa van Wyk, ma van die vermoorde Jerobejin van Wyk (13), Dinsdag vir Daniel Smit (56), haar seun se vermeende moordenaar, toegesnou nadat sy hom met ’n waterbottel gegooi het kort nadat die saak teen hom tot 23 Mei uitgestel is.
“Hy moet vrek, hy moet vrek,” het Van Wyk gesnik terwyl sy in die arms van Billy Claasen, ’n gemeenskapsaktivis, gehuil het.