Die kêrel van ’n intern-dokter van Limpopo wat dood in haar bed by die Mankweng-hospitaal gekry is, het Woensdag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.
Ntiyiso Shilmane (25) is Maandag in Giyani in hegtenis geneem.
Hy en Shongile Pretty Nkhwashu (25) was in ’n verhouding en het ’n driejarige seun.