’n Ma is in hegtenis geneem nadat sy en haar vriend na bewering verlede week haar driejarige seun doodgeslaan het.
Die Oos-Kaapse polisie het bevestig dat die 38-jarige vrou en ’n 28-jarige man Sondag ná die voorval in Dalindyebo, Komani (Queenstown), vir dié moord aangekeer is.
Brig. Thembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie is ontbied nadat die kind se gekneusde, naakte lyk gevind is.