Tiaan Swanepoel (19), ’n rugbyspeler van die Southern Kings, word nie meer vervolg in die saak waarin ’n hoogswanger vrou aangerand is nie.
“Ek het verlig gevoel toe ek uit die hof stap. Ek kan mense in die oë kyk, want dit voel nie meer asof almal my snaaks aankyk en oordeel nie,” het Swanepoel by monde van sy vriend Hanro Liebenberg gesê.
Swanepoel het Maandag saam met sy medebeskuldigde, Anke Pienaar, in die landdroshof in Atlantis verskyn, waar die aanklagte van aanranding en crimen injuria teen hom teruggetrek is.