’n 27-jarige vrou wat daarvan aangekla word dat sy ’n kleuter in ’n kleuterskool met kookwater verbrand het, het Woensdag in die landdroshof in Alexandra op ’n aanklag van poging tot moord verskyn.
Die tweejarige seuntjie het ernstige brandwonde aan sy bene en boude opgedoen nadat Reneilwe Leso hom glo in Januarie by 'n dagsorgsentrum in Alexandra in kookwater gebad het.
Leso is aanvanklik aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, maar dit is later na poging tot moord verander.