Die News24-joernalis Karyn Maughan en adv. Billy Downer SC beveg oudpres. Jacob Zuma se private vervolging van hulle in die hooggeregshof in Pietermaritzburg. Downer is die staatsaanklaer in Zuma se wapentransaksie-korrupsiesaak. Die verhoor duur tot Woensdag. Zuma woon die hofverrigtinge by.