Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ’n 16-jarige tienerseun aangerand en ook ’n vuurwapen op hom gerig het, sê hy is diep getraumatiseerd ná die voorval. Hy beweer hy is self ook aangerand.
Volgens die 49-jarige Corrie Pretorius, wat Vrydag ’n borgtogaansoek by die landdroshof op Groblersdal ingedien het, is hy kort ná sy inhegtenisneming in die polisie se aanhoudingselle aangerand.
Pretorius, in voetboeie, het die verrigtinge stil gevolg en deurentyd ’n masker gedra.