Dit is D-dag vir Oscar Pistorius by die Atteridgeville-gevangenis in Pretoria, waar hy vandag voor die paroolraad verskyn vir oorweging om op parool vrygelaat te word.
Pistorius het reeds meer as die helfte van sy vonnis uitgedien weens die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, in 2013.
Reeva se ma June Steenkamp gaan vandag in persoon vertoë rig teen Pistorius se aansoek en sal die paroolraad vra dat Oscar nie parool toegestaan word nie.