’n Man van Limpopo is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy swanger gewese meisie nadat sy ’n beskermingsbevel teen hom verkry het.
Lt.kol. Malesela Ledwaba, ’n polisiewoordvoerder, sê Raphiri Jappie Shiko (32) is Dinsdag in die hooggeregshof gevonnis vir die “grusame” moord op Moloko Coslina Matete (22), wat vyf maande swanger was.
Matete is in Mei 2019 in die Molinda-nedersetting buite Lephalale uit haar huis ontvoer en vermoor. Shiko is na haar huis nadat Matete ’n beskermingsbevel teen hom verkry het.