’n Vrou is die afgelope week skuldig bevind op 185 aanklagte van diefstal nadat sy vroeër vir diefstal van R1,6 miljoen in Hoedspruit, Limpopo, in hegtenis geneem is.
Annelize Holtzhausen (33) is Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Polokwane skuldig bevind, sê kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke.
“Holtzhausen het van 28 Januarie 2019 tot 24 Oktober 2019 as finansiële administratiewe bestuurder by ’n huiseienaarsvereniging in Hoedspruit gewerk. Sy moes onder meer diensverskaffers betaal, maar het fiktiewe eise ingedien en die geld in haar en haar man se bankrekeninge inbetaal,” sê Maluleke.