Sibusiso Kula (34), ’n ANC-LP, het Vrydag in die landdroshof in Orkney, Noordwes, in trane uitgebars toe hy ontken het dat hy sy vrou vermoor het.
Luidens ’n verklaring van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is Kula se vrou, Jennifer Mohlomi (31), op 27 November vermoor in ’n voorval wat soos ’n rooftog voorgekom het.
Sy is met ’n steekwond in haar rug gekry, maar die moordwapen is nog nie gevind nie, sê Henry Mamothame, woordvoerder van die NGV in Noordwes.