Haar ma se verloofde het glo haar lewelose lyfie by ’n nabygeleë kliniek gaan los en daarna gevlug. Chevonne Rusch (2) se liggaam was vol kneusplekke en sy is by die kliniek dood verklaar.
“Ek weet nie waarom iemand so iets aan haar sou doen nie,” het ’n gebroke Bradleigh Rusch, Chevonne se pa, Maandag voor die landdroshof in Germiston gesê.
Cornelius (Stefan) van Niekerk het Maandagmiddag hier verskyn in verband met haar moord.