’n Ma van Alberton in Gauteng is Dinsdag terug in die hooggeregshof in Pretoria om die Raad op Mediese Skemas (RMS) en gevolglik haar mediese fonds te kry om vir die duur behandeling van haar driejarige seuntjie se seldsame siektetoestand te betaal.
Die hofaksie het sy oorsprong toe Michaney en Jacques de Wet, saam met die organisasie Rare Diseases of South Africa, die hooggeregshof vroeër vanjaar genader het om Medihelp, die De Wets se mediese fonds, opdrag te gee om vir klein Zachary se behandeling vir Hunter-sindroom te betaal.
Rare Diseases of South Africa het hulle bygestaan as ’n tweede aansoeker in die geding.