’n Ma van Bethlehem wat daarvan aangekla word dat sy haar twee kinders en hul pa vermoor en ook ’n derde kind probeer vermoor het, het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Bethlehem verskyn.
“Die vrou bly in aanhouding en sal op 14 Julie om borgtog aansoek doen,” sê kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder.
Dhlamini sê Maphephi Mokwena (31) het aan die polisie erken sy het die landbougif Temik gekoop en in boontjiesop gegooi, wat sy vir die gesin berei het.