Die voormalige Maak ’n las-aanbieder Nico Nel is weer in die moeilikheid.
Nel (70) het verlede Vrydag in die streekhof in Hermanus op twee aanklagte van bedrog verskyn. Dit hou verband met die beweerde verduistering van sowat R3 miljoen van ’n egpaar van Gansbaai. Die beweerde bedrog het glo in 2016 plaasgevind. Nel moes die geld namens die egpaar belê.
’n Ooreenkoms is destyds aangegaan vir hom om die geld terug te betaal. Bronne het gesê hy het aanvanklik R1 000 per maand betaal. Die betaling het later glo tot R2 500 per maand gestyg, maar glo in 2018 opgehou.