’n Mediese maatskappy wat sy werknemers gedwing het om ingeënt te word, het ’n saak teen een van sy voormalige werknemers wat dit geweier het, verloor en nou moet hulle ’n jaar se salaris aan haar terugbetaal.
Kgomotso Tshatshu, ’n voormalige werknemer van Baroque Medical, is afgedank nadat sy geweier het om ingeënt te word. Sy is ook ’n skeidingspakket geweier.
Dit blyk uit die hofdokument dat sy ’n vrees vir die koronavirus-entstof gehad het omdat sy tien jaar vantevore ’n slegte ervaring met ’n griepinspuiting gehad het.