’n Hedendaagse Dimitri Tsafendas, terroris, sondebok.
Met dié woorde het adv. Dali Mpofu SC, regsverteenwoordiger van Zandile Mafe, Dinsdag in ’n aanlyn verhoor in die hooggeregshof in Kaapstad na die situasie van sy kliënt verwys.
Die hof het beslis Mafe, wat aangekla word nadat hy na bewering plofbare vloeistof gebruik het om op 2 Januarie die parlement in Kaapstad aan die brand te steek, moet uit die Valkenberg- psigiatriese hospitaal ontslaan word. Sy borgtogaansoek word nou Saterdag aangehoor.