Zandile Mafe (49) het vir ’n derde keer geweier om na die hooggeregshof in Kaapstad te gaan om in ’n voorverhoor te verskyn.
Mafe staan tereg op aanklagte van huisbraak met die doel om brandstigting te pleeg, brandstigting, terrorisme en diefstal. Die aanklagte spruit uit die brand op 2 Januarie verlede jaar in die Ou Volksraadsaal en die Nasionale Vergadering-raadsaal.
Mafe se geestesgesondheid het in November tydens sy vorige voorverhoor weer ter sprake gekom. Toe is die saak tot Januarie uitgestel om sy regspan die geleentheid te gun om met hom te konsulteer.