’n Man is 13 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n 12-jarige meisie in Noordwes verkrag het.
Hy is vroeër vandeesweek in die streekhof in Itsoseng naby Lichtenburg gevonnis, sê kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes.
Tselanyane sê die verkragter het die meisie in Augustus 2020 sonder haar ouers se toestemming by haar huis in Itsoseng weggeneem en met haar na Rustenburg gery.