’n Vragmotorbestuurder het Woensdag in die landdroshof op Laingsburg verskyn nadat die polisie Dinsdag na bewering dwelms van sowat R4 miljoen in sy vragmotor op die N1 buite die dorp gevind het.
Volgens inligting is die vragmotor Dinsdag omstreeks 14:30 deur polisielede van die pad getrek. Hulle patrolleer ingang- en uitgangsroetes in die Wes-Kaap juis om te keer dat onwettige goedere soos dwelms die provinsie ingebring word.
Die polisie het onraad vermoed omdat die bestuurder senuagtig voorgekom het toe hulle die vragmotor nader, het sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, gesê.