’n Verdagte is in verband met die moord op ’n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.
Die Mpumalanga-polisie het Vrydagmiddag bevestig dat Napoleon Joseph Nyalungu (35) vasgetrek is en in die landdroshof in Kabokweni verskyn het.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê Nyalungu is van moord, poging tot moord en poging tot roof aangekla.