Trane het Donderdag gerol oor die wange van ’n man van Kroonstad kort nadat hy vrygespreek is op ’n aanklag dat hy sy minnares se man in Bloemfontein vermoor het.
Waarnemende regter Monde Matshaya het in die Vrystaatse hooggeregshof bevind dat die staat nie kon bewys dat Ellister Brummage (30) van Brentpark, Kroonstad, Theo van Wyk (34), ’n senior mediese tegnikus van Bloemfontein, vermoor het nie.
Brummage was beskuldig daarvan dat hy Van Wyk op 6 September 2015 in die vroeë oggendure naby sy woonstel se deur in die Elangeni-gebou in Parkweg in die stad ingewag en met ’n stuk yster doodgeslaan het.