Die man wat sy sakevennoot doodgeskiet het in ’n huurhuis in Gqeberha en daarna sy lyk in die tuin begrawe en ’n sement-blombedding daaroor gebou het, is effektief tien jaar tronkstraf opgelê.
Philip Bakkes (47) het jare lank alles in sy vermoë gedoen om dit te laat voorkom asof Wynand Hibbers (42), sy sakevennoot, sy goed gepak en verdwyn het.
Bakkes het egter Woensdag in die hooggeregshof in Gqeberha skuld beken op moord, en aangevoer dat sy gewete hom pla en dat hy Hibbers se familie graag afsluiting wil gee.