’n Tradisionele geneser van Noordwes sal Woensdag weens moord gevonnis word nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy petrol oor sy meisie uitgegiet en haar aan die brand gesteek het.
Thapelo Ramoruki (29) het terwyl sy meisie, Tsholofelo Tsheko (ouderdom onbekend), gebrand het, haar ook verskeie kere met ’n mes in die maag gesteek.
Die hooggeregshof in Mmabatho het Ramoruki verlede week skuldig bevind aan moord en die rig van ’n vuurwapen. Hy is onskuldig bevind op aanklagte van ontvoering en die onwettige besit van ’n vuurwapen.