’n Oos-Kaapse man wat na bewering sy vermiste vrou se lyk onder die bad in hul huis versteek het, is van plan om aanstaande maand vir borgtog aansoek te doen.
Yibanathi MacGyver Ndema (43) is in Augustus by sy huis in Dutywa op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat die polisie menslike oorskot onder dié bad gevind het.
Kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Netwerk24 gesê DNS-uitslae het bevestig dié oorskot is wel dié van Ndema se vrou, Noluvuyo Ndema-Nonkwelo (34).