Die man wat vroue-eiendomsagente landwyd vir jare lank met WhatsApp-video-oproepe geteister het, is Woensdag ses jaar direkte gevangenisstraf opgelê.
Die streekhof in Gqeberha het Nicolaas van der Merwe (36) binne twee maande nadat hy in hegtenis geneem is, gevonnis.
’n Ondersoek van byna drie maande deur die Gautengse polisie-eenheid wat elektroniese misdaad ondersoek (SECI), het tot die opsporing van Van der Merwe by ’n huis in die Walmer-woonbuurt aan die einde van September gelei.