’n Man wat ’n vrou verkrag en daarna ’n houtlepel in haar opgedruk het, is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê.
Zitha Andiswa Nancy is dood twee dae nadat Nicholas Hendrick Janse van Rensburg (40) haar verkrag en aangerand het. Dit het in 2019 in die Komatipoort-omgewing in Mpumalanga gebeur.
Janse van Rensburg het tydens sy verhoor in die hooggeregshof in Mbombela skuld ontken, maar hy is uiteindelik op grond van sterk omstandigheidsgetuienis skuldig bevind, sê Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Mpumalanga.