’n Dekade nadat ’n man van ’n bewegende trein afgestamp en ernstig beseer is, het die appèlhof beslis dat die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) hom skadevergoeding moet betaal.
Masibulele Rautini was op die oggend van 19 November 2011 op pad na die Spier-wynlandgoed, waar hy as tuinier gewerk het, toe hy tussen die Du Toit- en Lynedoch-treinstasie in Kaapstad van die trein afgestamp is. Die trein is deur Prasa bedryf.
Hy het hom tot die appèlhof gewend nadat die hooggeregshof in Kaapstad teen hom bevind het.