’n Emosionele Stiaan Kotze het Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad die toneel beskryf toe hy op 30 Oktober 2018 kort ná 07:30 by adv. Pete Mihalik se swart Mercedes-Benz aangekom het.
Hy het twee duidelike skote gehoor afgaan. Hy was by die huis met siekteverlof en was besig op sy skootrekenaar.
Die skote was so hard en duidelik dat dit vir hom gevoel het of dit in sy huis afgevuur is.