Adv. Pete Mihalik (50) het byna elke oggend op dieselfde tyd in sy swart Mercedes-Benz in Thornhill-weg, Groenpunt, opgery om sy kinders by die skool af te laai.
Frank Scherf het in dié straat gewoon en die motor geken, het hy Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad getuig oor die oggend van 30 Oktober 2018, toe Mihalik vermoor is.
Sizwe Biyela, Nkosinathi Khumalo en Vuyile Maliti word daarvan aangekla dat hulle die Kaapse regsgeleerde in ’n sluipmoordaanval doodgeskiet het. Biyela het glo die sneller getrek.