Adv. Busisiwe Mkhwebane se skorsing as openbare beskermer is Vrydag deur die hooggeregshof in Kaapstad ongeldig bevind en tersyde gestel.
Pres. Cyril Ramaphosa het Mkhwebane geskors net twee dae nadat sy die ondersoek begin het na die gebeure op sy wildplaas, Phala Phala. Die hof het sy beslissing gegrond op die tydstip van haar skorsing en die manier waarop dit gedoen is.
Haar skorsing is egter voorlopig steeds van krag omdat enige hooggeregshofuitspraak wat op ’n besluit van die president betrekking het eers deur die konstitusionele hof bevestig moet word.