’n Medebeskuldigde van Nafiz Modack, vermeende leiersfiguur in die Kaapse onderwêreld, is Vrydagoggend gevonnis nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.
Reza van Oudtshoorn het skuld beken op ’n bedrogklag in die landdroshof in Kaapstad en is gevonnis tot ’n boete van R10 000 of twee jaar gevangenisstraf, sê die Valke in ’n verklaring.
Hy is ’n verdere drie jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie in dié tyd weer aan bedrog skuldig bevind word nie.