Die Menseregtekommissie (MRK) gaan Maandag insette aan die gelykheidshof lewer om Beloftebos by Stanford te verbied om sy beleid teen troues van paartjies van dieselfde geslag verder uit te voer.
Adv. André Gaum van die MRK het Sondag bevestig dat die MRK ook gaan eis dat dié trouplek in die Wes-Kaap om verskoning vra aan gaypaartjies wat hy weggewys het.
Megan Watling en Sasha-Lee Heekes, ’n jong paartjie van Kaapstad, was in Januarie in die nuus nadat Beloftebos hulle in kennis gestel het dat hulle weens “’n persoonlike geloofsoortuiging nie gasheer vir troues tussen paartjies van dieselfde geslag kan wees nie”.