Toe die eNuus-leser Genée Heyl en haar geliefde, Ray White, ná meer as ’n dekade besluit om te trou, het hul familie en vriende asof uit een mond ’n sug van verligting geslaak en gesê: Dis hoog tyd!
Die bruilof waarvoor almal gewag het, was verlede Saterdag, maar vir die wittebrood gaan die nuwe egpaar steeds wag. Dis omdat hulle eers ’n nagmerrie wil afsluit wat die familie al byna agt jaar lank ry.
In Maart 2014 is Genée se tannie, ook Genée (70), in haar huis in Parktown-Noord, Johannesburg, doodgeskiet. Haar man, Dieter Bergs, is in die heup gewond en het aangevoer daar is by hulle ingebreek.