Ná die dood van ’n getuie in die Senzo Meyiwa-moordsaak, meen die staat hy het steeds voldoende bewyse vir ’n suksesvolle vervolging.
Brig. Philani Ndlovu, voormalige Gautengse speurhoof wat volgens inligting Woensdag dood is, was nie ’n sleutelgetuie in die verhoor van die vyf mans wat aangekla word van die moord op die Bafana Bafana-kaptein nie, sê die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in ’n verklaring.
Die NVG het ook sy medelye met die oorledene se familie betuig.