Nog ’n polisielid het Donderdag in die landdroshof in Protea, Soweto, verskyn ná die skietdood van die 16-jarige Nathaniel “Lockies” Julies.
Foster Netshiongolo, ’n speurder van die Eldoradopark-polisiekantoor, het nie tydens sy eerste verskyning sy gesig verbloem soos die ander twee beskuldigdes tydens hul eerste verskyning het nie.
Nathaniel, wat downsindroom gehad het, is verlede Woensdagaand naby sy ouerhuis in Eldoradopark doodgeskiet.