’n Reeksmoordenaar wat verbind word met die moord op verskeie bejaarde vroue is ná die moord op sy derde slagoffer op borgtog van ’n skamele R2 000 vrygelaat – net om binne drie weke nóg twee oumas te vermoor.
Shaun Oosthuizen het die afgelope week op nóg twee moordaanklagte verskyn. Indien hy skuldig bevind word, bring dit die getal moorde waarmee dié gewetenlose inwoner van Munsieville, naby Krugersdorp, verbind word op vyf te staan.
Die Munsieville-monster is reeds skuldig bevind aan die moord op drie bejaarde vroue in Gauteng en Mpumalanga. Die moorde wat hy gepleeg het of waarvoor hy reeds in die hof verskyn het, is in chronologiese volgorde: