Ace Magashule probeer die een troefkaart ná die ander speel, maar dit is nou besig om op te raak, sê Roy Jankielsohn, leier van die DA in Bloemfontein.
Hy het gereageer op die nuus dat die voorlopig geskorste sekretaris-generaal van die ANC einde verlede week ’n aansoek by die appèlhof in Bloemfontein ingedien het om te appelleer teen die hooggeregshof se beslissing wat sy skorsing bekragtig het.
Jankielsohn sê dit is ironies dat lede van die Radikale Ekonomiese Transformasie (RET)-faksie hulle gereeld uitspreek oor hul wantroue in die land se regstelsel, maar wanneer hulle met die uitkoms van hul interne ANC-binnegevegte ongelukkig is, hardloop hulle gou soontoe.