Die jong blaar wat ’n ou bok vir hom gepluk het, het vir hom min plesier gebring, blyk uit ’n uitspraak in die hooggeregshof in Bloemfontein.
Selfs in die katel was dit vir die paartjie, met hul ouderdomsverskil van 39 jaar, nie net maanskyn en rose nie.
Die man in sy 70’s, jare gelede ’n vooraanstaande politikus in die Vrystaat, en sy destydse bruid, nou in haar 30’s, het mekaar op ’n ANC-konferensie in Bloemfontein ontmoet toe sy ’n student was.