Die man wat van terrorisme aangekla word ná ’n brand in die parlement beplan om die staat te dagvaar.
Zandile Christmas Mafe (49) sê hy is “ ’n gewone, arm Suid-Afrikaner” en “nie gewelddadig” nie.
Volgens hom is hy verkeerdelik in hegtenis geneem en word hy nou die sondebok gemaak.