Reeva Steenkamp se ouers gaan Oscar Pistorius se paroolaansoek teenstaan.
Tania Koen, June en Barry Steenkamp se regsverteenwoordiger, het aan Netwerk24 bevestig June gaan vertoë teen sy aansoek rig en die paroolraad vra dat Pistorius nie op parool vrygelaat word nie.
Pistorius (36) verskyn Vrydag in die Atteridgeville-gevangenis voor die Pretoriase paroolraad nadat hy meer as die helfte van sy vonnis weens die moord op Steenkamp in 2013 uitgedien het.