’n Verregse pastoor en oudweermaglid het Vrydag op ’n aanklag van terrorisme in die streekshof in Middelburg, Mpumalanga, verskyn.
Harry Knoesen (60) beskryf homself as die Crusaders National Christian Resistance Movement (NCRM) se “hoof- uitvoerende generaal”.
Die Valke se eenheid vir ernstige misdaad teen die staat en die eenheid vir nasionale misdaadintelligensie het Knoesen Donderdag by sy huis in Middelburg, Mpumalanga, in hegtenis geneem.