Die polisie moet altesame R1 miljoen opdok nadat ’n gesin agt jaar gelede letterlik onder polisiestewels en -wreedheid deurgeloop het.
Die landdroshof in Pretoria het Vrydag die maksimum bedrag van R200 000, wat dié hof in ’n siviele eis kan toeken, aan Robert Lodge, sy vrou Sandy, en hul drie kinders toegestaan.
Landdros Cherise Mooloo het gelas dat die polisie R200 000, plus rente van die dag van haar bevel, aan elkeen van die gesinslede betaal, asook hul regskoste.