’n Polisieman is in die streekhof in KwaBhaca 15 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n vrou in 2013 verkrag het.
Ntshatsheli Nogcantsi (36) is ook Dinsdag vyf jaar tronkstraf weens ontvoering opgelê, sê Luxolo Tyali, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag.
“Die misdade is byna tien jaar gelede gepleeg, maar die saak is eers Dinsdag afgehandel weens die voormalige polisiekonstabel se truuks om dit (die saak) te vertraag,” sê Tyali in ’n verklaring.