Die stof om die verwydering van regter John Hlophe, regter-president van die Wes-Kaap, wil net nie gaan lê nie met die drukgroep Freedom Under Law (FUL) wat nog ’n poging aangewend het om hom te laat skors hangende sy aansoek om appèl.
FUL het Vrydag gesê ná herhaalde druk op die Regterlike Dienskommissie (RDK) het die kommissie besluit om op Maandag 25 Julie ’n vergadering te hou om Hlophe se skorsing te oorweeg.
FUL volg die saak teen Hlophe al die afgelope 14 jaar nadat Hlophe twee regters van die konstitusionele hof probeer beïnvloed het om in korrupsiesake bevindinge te maak ten gunste van oudpres. Jacob Zuma.