Terwyl Oscar Pistorius se prokureur oorweeg om die hooggeregshof te nader omdat hy meen die voormalige lemnaeler se “regte rakende ’n paroolaansoek” word geskend, het die regsverteenwoordiger van Reeva Steenkamp se ouers op haar beurt ’n brief gerig aan die appèlhof waarin sy aanvoer dat sy vonnisdatum verkeerd teruggedateer is.
Pistorius (35) dien ’n vonnis van 13 jaar en vyf maande tronkstraf uit vir die moord op Steenkamp (29) op 14 Februarie 2013.
Hy moet minstens die helfte van hierdie vonnis uitdien voordat hy vir parool in aanmerking mag kom.