Die News24-joernalis Karyn Maughan en adv. Billy Downer SC se aansoeke om ’n interdik teen oudpres. Jacob Zuma se private vervolging van hulle te kry, het Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg voortgegaan.
Die 80-jarige Zuma laat hulle privaat vervolg omdat hy oortuig is daarvan dat Downer mediese inligting van hom aan Maughan laat uitlek het.
Die twee vra die hof om die private vervolging in geheel stop te sit.