Xander Bylsma en sy regspan het slegs ’n vae hoop gehad ’n vragmotorbestuurder sou sy onskuld kon bewys en het self besluit om hom nié te roep om te getuig nie.
Dít is regter Ronald Hendricks se uitspraak oor die 21-jarige veroordeelde moordenaar se standpunt dat hy nie ’n regverdige verhoor gehad het nie omdat die staat moes toesien dat dié getuie geroep word om sy beweerde alibi te staaf.
Hendricks het Bylsma in Augustus 2020 in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moorde op Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16). Albei is in Stella verwurg.