João Rodrigues, die polisieman wat daarvan beskuldig word dat hy die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol in 1971 vermoor het, wend nou ’n laaste poging aan om die vervolging teen hom te laat staak.
Dié voormalige polisieman het vroeër die week ’n aansoek ingedien by die konstitusionele hof waarin hy vra dat sy vervolging permanent gestaak word.
Dit volg nadat die appèlhof in Bloemfontein op 21 Junie beslis het die verhoor teen Rodrigues moet voortgaan. Hy het hom tot dié hof gewend nadat die hooggeregshof in Johannesburg verlede jaar ’n soortgelyke aansoek van die hand gewys het.